Local news

Inwoners genooi om jaarlikse Geloftedag by Smithsfields te vier

Die plaaslike sanggroep, LOX, sal die feesgangers vermaak terwyl daar heerlik om die kampvuur met stokbrood en malvalekkers braai gekuier sal word.

ERMELO – Die gemeenskap word hartlik uitgenooi om vanjaar se Geloftefees by Smithsfield, 25 km buite die dorp op die Lothair-pad, by te woon.

Hierdie geleentheid sal twee dae duur, met aktiwiteite vir beide kinders en volwassenes.

Op Sondag 15 Desember sal die feesvieringe om 15:00 afskop.

Daar is boeresport om 16:00, waarna aandete om 16:00 sal volg.

Die plaaslike sanggroep, LOX, sal die feesgangers vermaak terwyl daar heerlik om die kampvuur met stokbrood en malvalekkers braai gekuier sal word.

Braaipakkies word voorsien en eie drinkgoed is welkom.

Amjee Mentz spreek die gehoor toe met een van haar top toesprake. Foto | Carissa Ferreira

Om 10:00 op 16 Desember sal die Geloftefeesdiens deur ds. Schalk Zastron plaasvind.

Die vlagseremonie sal om 10:45 plaasvind, en dr. Pieter Groenewald, minister van korrektiewe dienste, sal om 11:00 die Feesrede behartig.

Die bekendstelling van die Smithfieldboek, die eeufeesboek, sal ook plaasvind.

Daar sal ook ’n middagete bedien word, en feesgangers kan hul eie drinkgoed saambring.

Vir meer inligting, skakel Dale Groenewald by 082 925 5123, Morné Engelbrecht by 82 784 5248, Magdaleen Neethling by 082 800 7792 of Sonja Kirk by 083 304 7006.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button