Prism Training Centre op Ermelo spog nou met vrolike mure
Edmore Mazhwawawa, 'n ervare kunstenaar, het Prism Training Centre se terrein in 'n kunslandskap omskep.
ERMELO – Gerda Smuts, die eienaar van die Prism Training Centre, het vroeër vanjaar ‘n verfkompetisie geloods om die sentrum se terrein op te kikker, maar nadat slegs ‘n handjievol tuinmure geverf is, was daar nie veel verdere belangstelling van die gemeenskap om die projek te voltooi nie.
Die sentrum het nie die nodige fondse gehad het om die tuinmure self te verf nie, en Smuts het die kompetisie as ‘n manier gesien om die terrein vir die leerders te verbeter.
Die uitdaging was om sowat 43 vooraf-gegote mure rondom die sentrum se terrein te verf, en die deelnemers moes ‘n inskrywingsfooi van R100 betaal om deel te neem.
Met dié projek wou Smuts ‘n vrolike kindervriendelike atmosfeer vir haar leerders geskep het.
“n Ware engel het op ons pad gekom. Edmore Mazhwawawa, ‘n ervare kunstenaar, het ons kom sien en het die hele projek op sy eie geneem en die mure vir die sentrum geverf,” het sy gesê.
Mazhwawawa het sy passie vir kuns gedeel en vertel dat dit vir hom ‘n natuurlike talent is.
Hy het in gr. 3 begin teken en het die vaardigheid gekoester soos hy grootgeword het.
Lees die volledige berig in die Hoëvelder.