Local news

Dogter woonagtig in Ermelo herstel goed na die operasie

Haar ma, Jooné, het vertel dat Arné se knieë dikwels uitgehak het, wat haar laat val en seerkry het.

ERMELO – Arné van der Westhuizen (16), wat al vir die afgelope sewe jaar met ernstige knie- en beenprobleme sukkel, het op 5 Desember ’n operasie ondergaan om dit te herstel.

Haar ma, Jooné, sê dat Arné se knieë dikwels uitgehaak het, wat haar laat val en seerkry het.

Na dié voorvalle moes sy soms vir weke aaneen met krukke loop om te herstel.

Ná verskeie besoeke aan dokters en spesialiste, kon niemand haar toestand behoorlik diagnoseer of haar effektief help nie, en is sy meestal aangeraai om oefeninge vir haar ligamente en spiere te doen.

Arné van der Westhuizen glimlag breed na haar operasie. Foto | Verskaf/Jooné van der Westhuizen

Vroeër vanjaar het die skool Jooné een oggend gebel en gevra dat sy vir Arné moet kom haal nadat sy weer daar geval het.

“Ek het haar na dr. Natalie Collins hier op die dorp geneem en haar meegedeel dat ons al lank hiermee sukkel, en dat nog niemand vir Arné kon help nie.”

Collins het haar na dr. Andrew Patterson, ’n spesialis by die Montana Hospitaal in Pretoria, verwys, waar die probleem uiteindelik gediagnoseer kon word.

Die dokter het hulle ingelig dat Arné kapknieë het en dat haar knieë en bene skeef aangegroei het, wat veroorsaak het dat haar patella nie meer op die regte plek was nie.

Lees die volledige berig in Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button