Local news

Boodskap van EHS se hoof

Die bestuur en personeel wens elke huisgesin 'n geseënde Kersfees toe en 'n nuwe jaar gevul met sukses.

Aan die Ermelo-gemeenskap:

2024 was ‘n geseënde jaar.

Ons is dankbaar dat die skool vanjaar die mylpaal van 110 jaar van uitnemendheid kon vier.

Die Erries het elke moontlike geleentheid aangegryp, met sukses op bykans elke gebied.

Errie-passie, -trots en -lojaliteit was kenmerkend van 2024.

Hiermee ons opregte dank aan elke Errie wat op sy of haar unieke manier bygedra het tot die suksesse wat Hoërskool Ermelo vanjaar bereik het.

Pieter Grobler. Foto | Verskaf/EHS

Dit sal in die jare vorentoe as ‘n glansjaar onthou word.

Baie dankie aan elke ouer wat die Erries tuis ondersteun.

Dit vorm deel van die EHS-wenresep.

Ons wil ook graag aan die Ermelo-gemeenskap erkenning gee vir julle wonderlike ondersteuning aan die Erries; baie dankie.

Die bestuur en personeel wens elke huisgesin ‘n geseënde Kersfees toe en ‘n nuwe jaar gevul met sukses.

Dit is ons gebed dat 2025 ‘n merkwaardige jaar met oorvloedige seën sal wees.
Errie-groete.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button