Ermelo Outreach bederf dorp se noodpersoneel
Volgens Natasha Boonstra, 'n lid van die organisasie, was dié projek 'n poging om hul waardering vir hierdie belangrike rolspelers te wys.
ERMELO – Lede van die Ermelo Outreach Organisation het op Kersdag saam met hulle uitreik aan die Kinder- en Jeugsorgsentrum ook geskenke aan die noodpersoneel aan diens by die noodgevalledepartemente en die Msukaligwa Inbelsentrum oorhandig.

Volgens Natasha Boonstra, ‘n lid van die organisasie, was dié projek ‘n poging om hul waardering teenoor die noodpersoneel vir hul toewyding aan die gemeenskap te betoon.

Foto | Verskaf/Ermelo Outreach Organisation
“In die besige feestydperk vergeet ‘n mens dikwels van die harde werkers wat steeds op die grond is om noodhulp en ander noodsaaklike dienste aan die publiek te lewer. Die personeel by die noodgevalledepartemente en die inbelsentum speel ‘n onmisbare rol in ons gemeenskap, en dit was vir ons belangrik om hul toewyding te erken,” het Boonstra gesê.
Lees die volledige berig in Hoëvelder



