Local news
Ermeloërs dans die nuwe jaar binne
Die nuwe jaar is op ’n energieke noot met die Holland-mandjiedans begin.
ERMELO – Die nuwe jaar is op ’n energieke noot met die Holland-mandjiedans begin.
Die atmosfeer was vol opgewondenheid; die geur van braaivleis het die lug gevul en die vure het helder gebrand.

Mense van alle ouderdomme het die dansbaan omtrent aan die brand gehad. Die dans het ’n gevoel van samehorigheid gekweek, en almal het die kans gebruik om saam te kuier en die lekkerte van die nuwe jaar te vier, en langs die vuur te sit en gesels.
Sien al die foto’s: HIER
Volgens die organiseerders was dit was ’n aand van lekker kos, goeie geselskap en opregte vreugde.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



