Local news

Doebai wink vir Ligbron-slimkop

Verskeie uitstappies sal onderneem word na diverse universiteite, waar die deelnemers die geleentheid sal hê om privaat lesings by te woon.

ERMELO – Denike Meyer (14), ’n gr. 9-leerder van Ligbron Akademie vir Tegnologie, is onlangs vir ’n ongelooflike geleentheid genomineer – om by ’n 10-dag-lange akademiese toer na Doebai aan te sluit.

Sy is vir haar uitstekende akademiese prestasies gekies en sal in Desember saam met ’n groep leerders die land besoek.

Tydens die toer is daar verskeie uitstappies na onder andere drie verskillende universiteite, waar hulle ook die geleentheid kry om ’n privaat lesing en inligtingsessies oor inskrywingsopsies by te woon.

Denike Meyer. Foto | Verskaf

Die groep sal ook die beroemde Burj Khalifa, ’n wolkekrabber, besoek. Dit is teen 829,8 m die wêreld se hoogste struktuur.

Denike, wat graag eendag siviele ingenieurswese of argitektuur wil studeer, sê dat dit beslis vir haar ’n hoogtepunt van die toer sal wees om dié toring te besoek.

Sy sien ook na die geleentheid uit om by verskeie universiteite in Doebai ondervinding op te doen en die moontlikhede van oorsese studies te ondersoek.

Lees die volledige berig in Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button