Maak vanjaar ‘n verskil in Ermelo-dogters se lewens
Annebel voorsien maandeliks noodsaaklike toiletware aan minderbevoorregte dogters.
ERMELO – Saretha Ferns, die plaaslike takbestuurder en stigter van die Annebel-projek, moedig die inwoners aan om hierdie inisiatief te ondersteun.
Annebel voorsien maandeliks noodsaaklike toiletware aan minderbevoorregte dogters.
Die pakkies bevat onder andere sjampoe, deodorant, handeroom en sanitêre produkte.
Die dogters kry ook basiese afrondingsklasse en leer meer oor persoonlike higiëne.

Ferns het by ’n vorige geleentheid aan Hoëvelder gesê dat Annebel nie net oor die produkte gaan waarmee hulle die dogters help nie, maar ook om vir hulle hoop te gee.
“Dié projek is beslis nie ’n eenvroudroom nie, maar word deur die hele gemeenskap onderhou,” het sy gesê.
Dorpenaars kan betrokke raak deur óf ’n Annebel-ma te word, óf deur middel van ’n skenking in hierdie bankrekening: Annebel Ermelo, Capitec, spaarrekening, 1667210473.
Produkte kan by Camdenlaan 55 afgelaai word.
Vir meer inligting, skakel Ferns by 082 302 5335.



