Local news
Reën bederf nie VLU Robyn-tak se kuiertjie nie
Op die 7de Jan 2025 het lede van die Robyn-tak 'n maandelikse vergadering bygewoon, al het dit swaar gereën.
ERMELO – Ten spyte van die swaar reën wat oor die dorp geval het, het lede van die Robyn-tak nie gehuiwer om hul maandelikse vergadering op 7 Januarie by te woon nie.
Die vergadering was ‘n gesellige geleentheid waar nuwe lede verwelkom is en planne vir die jaar bespreek is.

“Dit was wonderlik om te sien hoe soveel lede opgedaag het, ondanks die weer,” het Susan van Wyk, die takvoorsitter, gesê.
Van Wyk en Wendy Swart het die lede met warm koffie en lekkernye bederf.
Lees die volledige berig in Hoëvelder
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



