Local news

Ermelo neem afskeid van geliefde oud-onderwyser

Sy vrou het hom beskryf as ’n uitstekende pa, oupa en ’n liefdevolle eggenoot.

ERMELO – Die nuus van die afsterwe van die geliefde oudonderwyser van Hoërskool Ermelo, Piet Janse van Rensburg (69), het skokgolwe deur die gemeenskap gestuur.

Van Rensburg wat ’n diabeet was, is op 8 Januarie by Ermelo Mediclinic oorlede weens hartversaking.

Gebore op 17 Desember 1953 in Johannesburg, het Janse van Rensburg sy skoolloopbaan by Hoërskool Wolmaransstad voltooi voordat hy aan Noordwes-Universiteit in Potchefstroom gaan studeer het.

Hy het in 1976 het hy met sy geliefde, Thina, getrou en die egpaar is met drie kinders en vier kleinkinders geseën.

Janse van Rensburg het in 1978 by EHS begin skoolhou waar hy sy passie vir biologie met die leerders gedeel het.

Piet Janse van Rensburg. Foto | Verskaf/Thina Janse van Rensburg

Hy was nie net ’n onderwyser nie, maar ook ’n toegewyde atletiekorganiseerder, rugbyafrigter en -skeidsregter.

Sy liefde vir sport en sy leerders was onmiskenbaar.

“’n Errie met sy rug teen die muur,” was seker een van Janse van Rensburg se mees kenmerkende sêgoed by EHS.

“Hy was ’n uitstekende pa, oupa en ’n liefdevolle eggenoot. Ek sal altyd die manier onthou hoe hy ander mense behandel het,” het sy vrou gesê.

Lees die volledige berig in Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button