Local news
Klein hartjies klop vinnig op eerste skooldag by JJ van der Merwe
Graad 1-leerders het vroegoggend saam hul ouers tou gestaan om die skoolterreine betree.
ERMELO – Die eerste skooldag vir die nuwe gr. 1’s by Laerskool JJ van der Merwe was ’n mengsel van opgewondenheid en ’n tikkie senuwees vir die jongste leerders.
Graad 1-leerders het vroegoggend saam hul ouers tou gestaan om die skoolterreine betree, gereed om hul eerste dag aan te pak.
Die atmosfeer was gevul met opgewondenheid met kleurvolle skooltasse, nuwe skoene en blink oë wat nuuskierig rondgekyk het.
Onderwysers het die kleintjies verwelkom met warm glimlagte en stywe drukkies, terwyl ouers met trots en trane gegroet het.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



