Local news

Ermeloërs salueer Baas Piet vir oulaas

Lede van die MOTH-klub het ná die diens 'n erewag vir Piet se familie gestaan.

ERMELO – ‘n Stampvol kerk het op 23 Januarie tydens die roudiens van die vermoorde lt.kol.

Piet Pretorius getuienis gehoor van die beduidenderol wat hy in baie mense se lewens gespeel het.

Sy seun, Casper, sê dat dit sy pa se doel was om misdaad te beveg en geregtelikheid te laat geskied.

Die sowat 30 jaar wat sy pa polisiekaptein was is ‘n bewys dat range nie vir hom belangrik was nie.

Hy sê sy pa se missie was om ‘n verskil te maak en Suid-Afrika ‘n beter plek te maak.

Familie en vriende tydens die roudiens. Foto | René Joubert

“Ek is so trots op my pa. Hy was ‘n man wat gedoen het wat hy gesê het, en het hom deur niemand laat rondstoot nie, behalwe deur sy kleinkinders. Baas Piet, ek salueer jou!” het Casper gesê.

Lede van die MOTH-klub het ná die diens ‘n erewag vir Piet se familie gestaan.

Lees die volledige berig in Hoëvelder

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button