Local news

Raak betrokke by Ebenerzer Seuns-omgeeprojek

Ebenezer Seuns is 'n omgeeprojek wat maandeliks in die basiese behoeftes van sowat 27 seuns van verskeie skole op die dorp voorsien.

Ebenezer Seuns is ‘n omgeeprojek wat maandeliks in die basiese behoeftes van sowat 27 seuns van verskeie skole op die dorp voorsien.

Volgens Carinché Pretorius, wat die projek op die been gebring het, poog hulle om die seuns op te hef en by te staan.

“Elke seun verdien om goed oor homself te voel en om lekker te ruik,” het sy gesê.

Die basiese pakkie wat aan die seuns oorhandig word sluit produkte soos lyfseep, tandepasta, ‘n tandeborsel, waslap, sjampoe, ‘n skeermes, spuitgoed, deodorant, haarjel, lipsalf, sneesdoekies en room in.

Pretorius het gesê hulle het ook ‘n groot behoefte aan skryfbehoeftes.

Indien enigiemand by die projek wil betrokke raak, kan hulle haar by 074 213 2237 skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button