Local news

Gemeente op Ermelo verwelkom nuwe dominee

Op skool was Martin in ’n landmynongeluk betrokke en het hy sy been verloor.

ERMELO – Ds. Martin Coetzer het op 2 Februarie sy intreepreek by die NG Moedergemeente gelewer, waar Willie Jacobs van die kerkraad hom verwelkom het en ook die Gemeentebybel aan hom oorhandig het.

Martin en sy vrou, Loretta, het op 27 Januarie na Ermelo verhuis waar hy die pos by die kerk aanvaar het.

Hulle was vanaf 2006 aan die gemeente in Hartswater verbind, maar het die roeping gevoel dat dit tyd vir iets nuuts was, en het by Ermelo aansoek gedoen.

“Ná die onderhoud by die kerk het ons gevoel dat dit die Here se plan was, en alles het daarna in plek geval,” het hy gesê.

Martin en Loretta was saam op Volksrust op skool. Loretta sê dat sy altyd haar oog op hom gehad het, en hulle verhouding het ná ’n koffieafspraak, wat haar ma gereël het, begin.

Op skool was Martin in ’n landmynongeluk betrokke en het hy sy been verloor.

Hy was een oggend op pad skool toe, toe hy oor ’n landmyn gery het. Martin glo die ongeluk het ’n groot rol in sy lewe gespeel.

“Wat wonderlik van die ervaring met die ongeluk is, is dat ek dit nou in ’n pastorale gesprek met mense wat deur trauma gaan kan gebruik en hul omstandighede en ervarings beter kan verstaan.”

Lees die volledige berig in Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button