Local news

Ermelo-stoeier gryp sy kans en sy teenstanders

Topstoeiers van regoor die land is genooi om deel te neem aan die nasionale proewe, wat op 15 Februarie in Belhar, Kaapstad, gehou is.

WP Human, ’n gr. 11-leerder van Ligbron, is opgeneem in die Suid-Afrikaanse Stoeifederasie se nasionale o.17-span en sal Suid-Afrika verteenwoordig by die Afrika Stoeikampioenskappe.

Die kampioenskappe vind van 29 April tot 5 Mei in Casablanca, Marokko, plaas.

Topstoeiers van regoor die land is genooi om deel te neem aan die nasionale proewe, wat op 15 Februarie in Belhar, Kaapstad, gehou is.

WP Human, ’n gr. 11-leerder van Ligbron, is opgeneem in die Suid-Afrikaanse Stoeifederasie se nasionalespan. Foto | Verskaf/Ligbron

WP het sy plek in die span met krag, tegniek en deursettingsvermoë oopgeveg en beïndruk in beide die vrystyl- en Grieks-Romeinse kategorieë.

“Ligbron se skoolgemeenskap is trots op hierdie jong stoeier en hou hom met groot verwagting dop,” het die skoolhoof, Gerhard Brand gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button