Local news
Ligte verkeersontwrigting ná twee voertuie bots in Ermelo
Twee voertuie was betrokke in die ongeluk met geen ernstige beserings aangemeld nie.
RMLO – ’n Botsing tussen twee voertuie het op Maandag, 4 Maart, op die hoek van Buhrman- en Breijtenbachstraat plaasgevind.
Geen ernstige beserings is aangemeld nie, maar die ongeluk het tydelike verkeersontwrigting in die area veroorsaak.
Insleepdienste, Van Wettens en Ermelo Towing Services was op die toneel.
Die oorsaak van die botsing is onbekend.




At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



