Local news
Kom hengel saam OAK-gemeente by Chrissiesmeer
Skryf in vir ’n dag vol pret, visvang en wonderlike pryse.
Die Breyten Ou Apostolies Kerk (OAK) bied op 8 Maart ‘n visvangkompetisie aan, wat oop is vir die publiek.
Die kompetisie sal van 07:00 tot 15:00 duur, en mense word genooi om ‘n dag vol pret te kom geniet, vis te vang en die kans te kry om wonderlike pryse te wen!
Daar sal verskeie pryse wees, insluitend vir die swaarste sak, swaarste karp, en swaarste baber.
Daar sal ook ’n klompie gelukkige trekkings wees, wat deelnemers ’n ekstra kans gee om iets te wen.
Die koste vir inskrywings is R100 per persoon.
Vir meer inligting of om in te skryf, kontak PR van Rensburg by 076 329 7544 of BR Mike by 084 402 9673.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



