Skape staan kaal soos skeerders wolle laat waai
Met 'n rekord opkoms, het die Mpumalanga Skeerkampioenskappe bewys dat dit 'n belangrike geleentheid is vir die wolbedryf in die streek.

ERMELO – Die Mpumalanga Skeerkampioenskappe wat op 8 Maart plaasgevind het, het ’n rekord aantal deelnemers gelok.
Skeerkontrakteurs Simunye-, NC- en Vlymskerpskeerdienste het ’n groot groep van hul skeerders en wolhanteerders ingeskryf, wat tot die sukses van die geleentheid bygedra het.
Die voormalige MP-voorsitter, Japie Celliers van Roodewal, het weer sy skeer-skuur beskikbaar gestel, en die jong boere van die omgewing het as beoordelaars opgetree.
Die hoogtepunt van die kampioenskappe was die teenwoordigheid van prof. Jasper Cloete van Elsenburg Landboukollege.

Cloete, wat die visevoorsitter van die SA Skeerfederasie is, het van Stellenbosch af gereis om te help beoordeel en aan sekere items deel te neem.
Sy kundigheid en ervaring was van onskatbare waarde, veral vir die jong beoordelaars.
Phillip Randall van Randall Ranch het meer as 300 skape vir die kampioenskappe voorsien.

Die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWGA) het al die borge wat die dag moontlik gemaak het, bedank.
Hulle het ook die wenners van die onderskeie afdelings wat gekwalifiseer het om aan die nasionale skeerkampioenskappe in Bloemfontein, deel te neem, gelukgewens.
Sien al die foto’s: HIER
Die wenners in hul onderskeie afdelings was:
Beginner-wolhantering:
1. Xolile Ndleleni
2. Simon Phone
3. George Kanyothi
4. Nkosifikile Boneloa.
Pieter van Rooyen is as die beste vaggooier in die afdeling aangewys.
Junior afdeling vir masjienskeer:
Zukile Nkwenya
2. Bulelang Fufu
3. Frans Oosthuizen
4. Edwone Tomose.
Meshack Mboma is as die skeerder met die beste gehalte vag bekroon.
Intermediêre afdeling vir masjienskeer:
1. Mzoxolo Maqakalana
2. Maseru Kane
3. Mandlela Jonase
4. Marees Lizemore.
Jonase is as die skeerder met die beste gehalte vag beloon.
Ope afdeling vir wolhantering:
1. Simon Thatho
2. Lizzy Dadla
3. Jerry Bobo
4. Jasper Cloete.
Mzwandile Qashosho is as die beste vaggooier in dié afdeling aangewys.
Ope afdeling vir masjienskeer:
1. Nkosifikile Boneloa
2. Vuyo Phala
3. Simon Phone
4. Thembalethu Ndlelene.
Boneloa is as die skeerder met die beste gehalte vag bekroon.



