Motor ploeg deur inwoners se muur in Ermelo
Die voertuig het deur die muur gebars en sowat 20m verder langs die huis tot stilstand gekom.
ERMELO – Inwoners van De Bruinstraat is Vrydagaand, 11 April, wakker geskud toe ’n voertuig die stilte van die nag verbreek het en deur die muur van ’n erf geploeg het.
Die voertuig het eers sowat 20 meter verder langs die huis tot stilstand gekom. Die bestuurder is merkwaardig genoeg nie beseer nie.
Die gebeurlikheid het verskeie omstanders gelok, en gemoedere op die toneel het vinnig hoog geloop

Van die inwoners het die jong bestuurder beveel om nie die toneel te verlaat nie.
Tydens ’n woordewisseling tussen die bestuurder en van die mense op die toneel, het die polisie ingegryp en die bestuurder na die plaaslike polisiekantoor vervoer.
Sien meer foto’s: HIER
Navrae is aan die plaaslike SAPD gestuur, verdere besonderhede sal bekendgemaak word sodra dit beskikbaar is.
Lees die volledige berig in Hoëvelder.



