Local news

Ermelo Fotoklub kondig sy April-wenners aan

Die vasgestelde onderwerp vir die maand was 'Pet Portraits', met lede wat pragfoto's daarvoor ingeskryf het.

ERMELO – Die Ermelo Fotoklub-lede het op 11 April hul maandelikse klubaand aangebied.

Die vasgestelde onderwerp vir die maand was ‘Pet Portraits’, en die lede het pragtige foto’s daarvoor ingeskryf.

Kyla Eksteen se ‘Layla’, het die juniorafdeling gewen, en Christa Strauss se ‘Pearls for Girls’, die seniorafdeling.

In die opeafdeling is Luane Kruger se foto, ‘Disguised in Yellow’, as die wenner in die 1-sterafdeling aangewys.

Dié foto was ook die algehele wenner van die juniorafdeling.

Luane Kruger se foto, ‘Disguised in Yellow’.

Sien al die foto’s: HIER

Die wenner van die 2-sterafdeling was Bianca Breytenbach met haar foto, ‘The Four Horses’ en George Labuschagne se ‘Pincers’ het die 3-sterafdeling gewen.

In die 4-sterafdeling het Tina de Villiers se ‘Red Rock Mountains’ gewen en Hardus Pieters se ‘Giraffe Blending into Sunrise’, was die wenner van die 5-sterafdeling.

Pieters se foto was ook die algehele wenner van die seniorafdeling.

Die Ermelo Fotoklub bied maandeliks die geleentheid vir fotograwe om hul vermoëns te slyp. Die volgende vergadering sal op 9 Mei plaasvind.

Indien jy daar wil aansluit, stuur ‘n e-pos aan ermelofotoklub18@gmail.com.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button