Local news

Twee ongelukke volg kort ná mekaar in President Fouchélaan

Pres. Fouchélaan was vanoggend in rep en roer na twee afsonderlike motorongelukke binne 'n kort tyd plaasgevind het.

ERMELO – President Fouchélaan was vanoggend, 6 Mei, die toneel van chaos nadat twee afsonderlike ongelukke kort ná mekaar plaasgevind het.

Nooddienste en insleepdienste het ’n besige oggend beleef om die tonele van die botsings te hanteer.

In een van die insidente het twee Suzuki-voertuie in President Fouchélaan gebots.

Volgens ooggetuies is geen beserings in hierdie voorval aangemeld nie, en die polisie en nooddienste was vinnig op die toneel.

Net ’n ent verder in dieselfde straat het ‘n tweede, botsing plaasgevind, waar ’n bakkie en ’n ander voertuig naby die ingang van Hoërskool Ermelo gebots het.

Volgens ‘n insleepdienswerker wat op die toneel van die tweede ongeluk was, het daar glo vroeër die oggend ook ‘n ander ongeluk in Voortrekkerlaan, langs die Game-sentrum, plaasgevind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button