Local news

Uilmotte maak verskyning in groot getalle op Ermelo

Die uilmot is maklik herkenbaar weens die kenmerkende ‘oogkolle’ op sy vlerke, wat sterk aan die oë van ’n uil herinner.

ERMELO – Uilmotte (Cyligramma latona), ook bekend as cream-striped owl-motte, maak vanjaar in groot getalle op die dorp hulle verskyning.

Die uilmot is maklik herkenbaar weens die kenmerkende ‘oogkolle’ op sy vlerke, wat sterk aan die oë van ’n uil herinner.

Hierdie visuele taktiek is ’n manier om roofdiere af te skrik, omdat dit die mot groter en meer intimiderend laat lyk. Dié kenmerk is ’n uitstekende voorbeeld van hoe diere hulself kan aanpas om in die natuur te oorleef.

Normaalweg is die uilmot ’n deel van die somernaglewe en word dikwels rondom buitelugligte of in die skaduwee van bome en ander plante gesien.

Volgens Shobie Arnoldi, ’n plaaslike weiveldekoloog, kan hierdie toename aan veranderinge in die klimaat of ander omgewingsfaktore wat ’n invloed op die motte se verspreiding het, toegeskryf word.

“Die uilmot was nog altyd deel van ons nagwêreld, maar die oorvloed wat ons hierdie jaar sien, dui daarop dat daar iets in die ekosisteem is wat hierdie styging bevorder.”

Alhoewel hulle dikwels beskou word as ’n nagbesoeker, speel motte soos die uilmot ’n belangrike rol in die ekosisteem volgens Arnoldi. “As bestuiwers dra hulle by tot die voortbestaan van baie plante, terwyl hulle ook ’n bron van kos vir ander diere in die voedselketting is.”

Dit beklemtoon hoe elke diersoort, selfs dié wat oënskynlik onbeduidend is, ’n waardevolle rol in die groter ekologiese balans speel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button