Local news

VF Plus eis antwoorde ná minister se besoek aan Ermelo

’n Skyn van netheid vir die minister, maar agter die skerms broei verval – die VF Plus eis antwoorde oor Msukaligwa Plaaslike Owerheid se prioriteite.

ERMELO – Die VF Plus het ’n dringende skrywe aan die Msukaligwa Plaaslike Owerheid gerig, waarin dit antwoorde eis oor die kostes en motiewe agter die skielike opknapping van dele van die dorp net voor die besoek van die minister van minerale- en petroleumhulpbronne, Gwede Mantashe.

Mantashe het op 27 April by die AJ Swanepoel Stadion, namens President Cyril Ramaphosa, die nasionale Vryheidsdagtoespraak gelewer.

Slaggate elders op die dorp. Foto’s: Verskaf/Shobie Arnoldi

Volgens die party is slegs die roetes wat die minister waarskynlik sou gebruik inderhaas, dog gebrekkig skoongemaak, terwyl die res van die dorp in dieselfde vervalle toestand gebly het.

“Skaars 200 m verder tref mens weer slaggate, oorlopende riool, lekkende waterpype en gemors in elke rigting aan,” meen Shobie Arnoldi, VF Plus-raadslid.

Die VF Plus beskryf die optrede as onaanvaarbaar en wys daarop dat die inwoners al vir jare kla oor die gebrek aan dienslewering – van verwaarloosde paaie tot onbeheerde afval en swak sanitasie.

Die VF Plus meen slegs roetes wat die minister sou gebruik, is haastig herstel.

Tóg was daar, volgens hulle, geen betekenisvolle reaksie van die plaaslike owerheid nie, totdat ’n minister se besoek skielik op die kalender verskyn het.

Lees die volledige berig in Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button