Local news

Saretha Ferns georden as pastoor by Volle Evangelie Kerk Ermelo

Sy moes dikwels worstel met die beperkende opvattings oor vroue se rol in geestelike leierskap.

ERMELO – Dit was ’n besonderse oomblik vir Saretha Ferns toe sy op 4 Mei as pastoor by die Volle Evangelie Kerk op die dorp georden is – ’n bevestiging, volgens haar, van ’n roeping wat reeds dekades lank in haar hart leef.

“Om georden te word was vir my groot!” Het sy gesê.

Saretha Ferns saam met haar man, pastoor Jacques Ferns (Links), en Pastoor Andries Stephanus du Plessis van die uitvoerende raad, wat die ordening waargeneem het. Foto | Verksaf/Saretha

“Ek het 28 jaar gelede my lewe aan die Here oorgegee, en later daardie jaar het ek geweet dat ek eendag voltyds vir Hom sal werk. Dis wat ek die afgelope 28 jaar doen – werk vir Hom.”

Tóg het hierdie pad nie sonder uitdagings gekom nie.

Te midde van ’n besige gesinslewe, met drie dogters op skool, ’n voltydse werk en gemeenteverpligtinge, het Ferns begin studeer om haar roeping formeel te bekragtig en haar studietyd was tussen 03:00 en 05:00.

’n Groot struikelblok op haar pad was die vooropgestelde idees oor vroue in bediening.

“Een van die moeilikste dinge was mense se opinies daaroor dat ek ’n vrou is,” het sy gesê.

Maar, sy werk al jare lank met dogters en sê sy weet dat God soms juis ’n vrou wil gebruik, veral omdat daar vroue en meisies is wat seer het, en vir wie dit moeilik is om na ’n man vir leiding te kyk.

Lees die volledige berig in Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button