Ermelo Fotoklub kondig wenners aan tydens gesellige klubaand
Ermelo Fotoklub wys beste fotograwe aan tydens Mei-kompetisie.

ERMELO – Die Ermelo Fotoklub het op 9 Mei ‘n gesellige klubaand aangebied waar die wenners vir Mei aangekondig is.
Die vasgestelde onderwerp vir die maand was ‘Kinderspeelgoed’.
In die juniorafdeling het Judy Cronje met haar foto ‘Construction in Progress’ as die wenner weggestap, terwyl Jacques Kruger se ‘Dragon Slayer’ die seniorafdelinggewen het.
In die opeafdeling is Judy Cronje se ‘Monkey Business’, as die beste in die 1-sterafdeling aangewys.
Dié foto was ook die algehele wenner van die juniorafdeling.

Sien al die foto’s: HIER
Die wenner van die 2-sterafdeling was Leahanna van der Merwe met ‘Verlep’.
George Labuschagne se ‘Cape Buffalo’ het die 3-sterafdeling gewen.
In die 4-sterafdeling was Tina de Villiers se ‘Skoenlapper’ en Leon Drotsky se ‘A Lick of Water’ in die 5-sterafdeling die wenners.
Drotsky se foto is ook as die algehele seniorwenner aangewys.
Die volgende klubaand sal op 9 Junie plaasvind, en die Ermelo Fotoklub nooi alle entoesiastiese fotograwe uit om aan te sluit.
Vir meer inligting, stuur ‘n e-pos na ermelofotoklub18@gmail.com.



