Local news

Ermelo-vrou se verlore handsak veilig aan haar terugbesorg

’n Oplettende vrou en SACCW help om Trudie van der Merwe se verlore handsak vinnig op te spoor en aan her terug te besorg.

ERMELO – Trudie van der Merwe het haar dank uitgespreek nadat haar verlore handsak opgespoor en aan haar terug-besorg is.

Van der Merwe het gesê sy het ingedagte, ná ‘n inkopiesessie by Checkers, haar handsak in die trollie vergeet.

Eers toe sy terug by haar huis op die plaas was en al die inkopies uitgepak het, het sy besef dit is weg.

Gelukkig het ‘n oplettende vrou die handsak in die trollie ontdek en dit by lede van die SACCW (South African Community Crime Watch) in De Bruin Park ingegee,” het Van der Merwe gesê.

Die SACCW het vinnig opgetree en haar foto, saam met die inligting oor die handsak, op hulle groepe versprei.

Dit het nie lank geneem voordat mense wat haar ken, haar met die goeie nuus gekontak het nie.

“Hartlike dank aan almal wat gehelp het en ook aan die vrou wat my handsak ingegee het.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button