Local news

Robyntak VLU vier moeders met nostalgiese foto’s en herinneringe

Robyntak-lede deel kosbare herinneringe, lag saam en herleef die tye toe hul ma’s hul wêreld was.

ERMELO – Die Vrouelandbou-unie (VLU) se Robyntak het op 13 Mei ’n besonderse vergadering gehou waartydens die lede hulle moeders gehuldig het.

Die vroue is aangemoedig om ’n foto van hulself as ’n kind saam met hul ma saam te bring, sowel as ’n item wat sentimentele waarde inhou, soos ’n spesifieke reuk, smaak of gesig.

“Nostalgie is ’n understatement,” het een lid opgemerk.

Dit was vir almal duidelik dat ’n spesifieke era sterk tevore gekom het – gekenmerk deur grootraambrille, weelderige haarstyle en ’n universele liefde vir soetgoed.

Alta de Witt en Rita Bosman. Foto | VLU Robyntak

“Dit was ongetwyfeld ’n spesiale geleentheid waar herinneringe gedeel is,” het Susan van Wyk gesê.

Tydens die byeenkoms is die datums vir komende werksklasse vasgestel en die lede is reeds fluks besig met hul artikels.

Die ACWW- (Associated Country Women of the World) sakke sal binnekort aan Carien Schabort oorhandig word.

Produkte vir die samestelling van dié genadesakke sal by die volgende vergadering ingesamel word.

Die volgende vergadering van die Robyntak sal op 10 Junie plaasvind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button