Local news

Hoërskool Ermelo-leerder kook haar pad na eerste plek tydens jeugskou

Délené Arnoldi behaal uitstekende punte by die Mpumalanga Jeugskou en wys haar kooktalent met trots in Middelburg.

ERMELO – Délené Arnoldi, ’n leerder van Hoërskool Ermelo, het op 9 en 10 Mei aan die Mpumalanga Jeugskou in Middelburg deelgeneem en met ’n eerste plek in die senior afdeling in kookkuns weggestap.

Hoewel sy die enigste deelnemer in dié afdeling was, is haar oorwinning nie ’n vanselfsprekend nie.

Om die toekenning te ontvang, moes sy ’n minimum persentasie van bo 75% behaal.

Deelnemers aan die Jeugskou ontvang spesifieke resepte waarvolgens hulle moet werk, en word dan beoordeel op hul vermoë om hierdie resepte akkuraat te volg en die eindproduk smaakvol en esteties op te dien, alles binne hul spesifieke ouderdomsgroep se vereistes.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button