Local news

Ermelo in rou gedompel oor afsterwe van Eugene van der Westhuizen

Eugene van der Westhuizen het ’n nalatenskap van diens, liefde en deursettingsvermoë aan sy familie en gemeenskap nagelaat.

ERMELO – Eugene van der Westhuizen is op 23 Mei, na ‘n kort siekbed, in die Vredenburg-hospitaal in die Wes-Kaap oorlede.

Die oorsaak van sy dood was hartversaking. Hy laat sy dogter, Bianca Jansen van Vuuren, vier kleinkinders, twee susters en ‘n broer agter.

Van der Westhuizen is op 3 Maart 1960 in Johannesburg gebore en het sy laerskoolopleiding by Laerskool Langlaagte voltooi.

Van 1973 tot 1978 was hy ‘n trotse leerder aan Goudveld-Hoërskool, waar hy in matriek as prefek gedien het. Na skool het hy sy akademiese reis aan die Potchefstroom Universiteit voortgesit, waar hy onderwys studeer het.

Sy loopbaan het egter verskeie paaie ingeslaan en na sy studies het hy by die spoorweë se behuisingsafdeling gewerk.

Eugene van der Westhuizen het sy liefde vir atletiek uitgeleef. Foto | Verskaf

Hy het ook verder studeer, en in 2004 het hy sy graad in kriminele ondersoeke, forensiese ondersoeke en toepassing voltooi.

Hy was die trotse oupa van vier kleinkinders, Gabriella, Alexa, Janika en Ruhandrik. Van der Westhuizen het in 2020 na Ermelo verhuis om nader aan sy dogter en kleinkinders te wees.

Jansen van Vuuren beskryf haar pa as ‘n intelligente mens wat oor ‘n wye verskeidenheid onderwerpe kon gesels.

Lees die volledige berig in Hoëvelder.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button