Local newsUpdate

OPVOLG: 5 dood ná trok en 3 motors bots op N2 buite Ermelo

Vyf mense sterf in N2-botsing buite Ermelo. Pad steeds gesluit. Nooddienste op toneel.

OPVOLG: 13 Junie – 18:53

Vyf mense is dood ná die botsing tussen ’n trok en vier motors op die N2 buite Ermelo.

Die pad bly gesluit.

Nooddienste is steeds op die toneel. Motoriste word versoek om alternatiewe roetes via Amsterdam of Sheepmoore te gebruik en instruksies op die toneel te volg.

Die provinsiale ambulansdienste op die toneel. Foto | René Joubert


Trok en 3 motors bots op N2 buite Ermelo – pad gesluit

ERMELO – ’n Ernstige ongeluk het Vrydag 13 Junie op die N2-snelweg sowat 15 km buite Ermelo in die rigting van Sheepmoore plaasgevind, waar ’n vragmotor met drie motors gebots het.

Volgens voorlopige inligting is alle nooddienste tans op die toneel. Die pad is op hierdie stadium gesluit vir verkeer.

Die Msukaligwa Brand- en Reddingsdienste op die toneel van die ongeluk. Foto | René Joubert

Motoriste word versoek om geduldig te wees, versigtig te ry en die instruksies van beamptes op die toneel te volg.

Die verkeersopeenhoping wat deur die ongeluk veroorsaak is. Foto | René Joubert

Alternatiewe roetes via Amsterdam of Sheepmoore word aanbeveel om verdere verkeersopeenhopings te vermy.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bevestig nie en daar is nog geen amptelike inligting beskikbaar oor moontlike beserings of sterftes nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button