Local news

Twee voertuie betrokke in ongeluk op Morgenzon-pad buite Ermelo

’n Ongeluk buite Ermelo op die Morgenzon-pad het twee voertuie betrek. Insleepdienste op toneel, beserings is vermoed.

’n Ongeluk met twee voertuie het Vrydagoggend sowat 20 km buite Ermelo op die Morgenzon-pad plaasgevind.

Die polisie, Ermelo Towing Services (ETS) en Van Wettens Insleepdienste was op die toneel, maar geen ambulanse of insittendes van die voertuie was meer teenwoordig toe René Joubert, Hoëvelder-verslaggewer arriveer het nie.

Die wrak van ‘n Volkswagen Polo langs die pad ná ‘n ongeluk in die mis buite Ermelo op die Morgenzonpad. Foto | René Joubert

Na wat verneem word, is persone met beserings na ’n hospitaal geneem, maar dit is op hierdie stadium onduidelik hoeveel mense betrokke was en of hulle uit albei voertuie gekom het.

Die insleepdienste is tans besig om die voertuie van die toneel te verwyder.

Motoriste in die omgewing word aangeraai om met versigtigheid te ry terwyl opruimingswerk voortduur.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button