Local news

Ongeluk by Ermelo-verkeerslig ontbloot roekelose bestuur

Bestuurders ignoreer verkeersreëls ná botsing op besige hoek en veroorsaak byna verdere ongelukke in Ermelo.

ERMELO – Twee voertuie het op 13 Junie by die verkeerslig op die hoek van Kerk- en Tautestraat gebots.

Geen beserings is tydens die ongeluk aangemeld nie.

Plaaslike insleepdienste, verkeersdienste en die Msukaligwa Vuur- en Reddingswerk was op die toneel.

Volgens ’n ooggetuie was een van die voertuie besig om te draai, toe die ander een oor ’n rooilig gery het en die eerste voertuig getref het.

Tydens die bedrywighede van die nooddienste op die ongelukstoneel, is daar twee bykomende voorvalle waargeneem toe voertuie bykans gebots het, en wat aan die bestuurders se versuim om die verkeersreëls te gehoorsaam, toegeskryf kon word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button