Local news

AfriForum knap historiese Chrissiesmeer-begraafplaas op

AfriForum-tak werk hard om Chrissiesmeer netjies te hou en erfenisplekke soos die begraafplaas te bewaar.

CHRISSIESMEER – AfriForum se Ermelo- en Chrissiesmeer-tak het oudergewoonte verskeie projekte aangepak om dié gebied netjies te hou.

Die tak het spesifiek daarop gefokus om die historiese begraafplaas op te knap. Die begraafplaas is deur AfriForum-lede getakel, wat verseker het dat die gevalle helde van die Anglo-Boereoorlog se grafte nie met gras en onkruid toegegroei word nie.

Die tweede projek was om die gras op die N17 tot in die dorp te sny. Hierdie projek hou nie net die dorp netjies nie, maar help ook dat motoriste se sig onbelemmerd bly wanneer hulle op dié nasionale pad ry.

Hoe die begraafplaas gelyk het voordat AfriForum hand aan die ploeg geslaan het. Foto | Wayne van der Walt

“Waarom sal besoekers op Chrissiesmeer stop as die strate verwaarloos lyk? Hierdie projekte is belangrik vir toerisme op die dorp en nog meer om te verseker dat ons erfenis bewaar word,” het Millicent van den Heever, die leier van AfriForum se Chrissiesmeer-buurtwag gesê.

Daarbenewens het die tak sy weeklikse vullisverwydering voortgesit en verseker dat rommel uit die vullisdromme verwyder word wat AfriForum verlede jaar op strategiese punte in die dorp geplaas het.

In Mei is altesaam 40 sakke vullis verwyder, wat die totaal vir die jaar op 169 sakke te staan bring.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button