JJ se B-netbalspanne beïndruk in ligawedstryde
Laerskool JJ van der Merwe se B-netbalspanne het vanjaar uitstekend gevaar in hulle liga, met die o. 11B-span wat as trotse ligawenners gekroon is.
Laerskool JJ van der Merwe se B-netbalspanne het vanjaar uitstekend gevaar in hulle liga, met die o. 11B-span wat as trotse ligawenners gekroon is.
Dié span het ’n onverbeterlike seisoen beleef en al hul wedstryde gewen.
Hulle het Laerskool Goedehoop 11-4 geklop, Laerskool Pionier 16-1 gewen, en Laerskool Ermelo 14-5. Oranjegloed het die kortste end getrek met ’n 8-1 telling.
In die halfeindstryd het die span Laerskool Secunda 12-7 geklop, en in die eindstryd het die o. 11B-span Laerskool Standerton met ’n eindtelling van 13-2 laat les opsê, om sodoende die ligatitel te verower.

Die o. 12B-span het ’n derde plek behaal. Hulle het teen Laerskool Standerton (12-8), Ermelo Primary School (14-4), Laerskool Ermelo (10-5), en Laerskool TP Stratten (13-4) gewen.
Alhoewel hulle in die halfeindstryd 6-10 teen Secunda verloor het, het hulle in die uitspeelwedstryd vir die derde en vierde plekke Laerskool Goedehoop 8-4 verslaan.
Die o. 13B-span het ook ’n derde plek in die liga behaal.

Na ’n aanvanklike verloor teen Laerskool Standerton (11-14), het hulle hulself reggeruk en Laerskool HM Swart (16-6), Laerskool Oranjegloed (13-2), en Laerskool Pionier (15-9) oorwin.
Hulle het in die halfeindstryd teen Laerskool Secunda met 8-12 vasgeval, maar het in die uitspeelwedstryd vir die derde en vierde plekke Laerskool Ermelo 9-11 gewen.



