Local news
Twee voertuie betrokke in Ermelo-botsing in Groblerstraat
Nooddienste het vinnig reageer ná twee voertuie gebots het. Geen ernstige beserings is aangemeld nie.
ERMELO – Twee voertuie was Vrydag, 4 Julie, in ’n botsing betrokke op die hoek van Lafnie- en Groblerstraat.
Die oorsaak van die ongeluk is teen druktyd nog nie bevestig nie.
Die provinsiale Ambulansdienste was vinnig op die toneel en het die insittendes van albei voertuie ondersoek en behandel.
Geen ernstige beserings is aangemeld nie.

Msukaligwa Brand- en Reddingsdienste tesame met verskeie insleepdienste, insluitend ETS Towing, Van Wettens en Shesha Towing Services, was op die toneel.
Verkeer was tydelik vertraag terwyl nooddienste gewerk het om die toneel op te ruim.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



