Ermelo Fotoklub speel met ‘Selective Colour’
Die Ermelo Fotoklub het kreatiewe ‘Selective Colour’-foto’s uitgelig en die beste wenners in alle kategorieë gekroon.
ERMELO – Die Ermelo Fotoklublede het op 4 Julie hul maandelikse fotoinskrywings beoordeel en die wenners aangewys.
As gevolg van die ysige weer en die vakansie, was daar geen klubaand nie, maar die bestes is aanlyn aangekondig.
Die vasgestelde onderwerp vir die maand was ‘Selective Colour’, en die lede het groot pret met dié tema gehad.
Annise Smit se foto ‘Three Yellow Roses’ het die juniorafdeling gewen, en Jacques Kruger se ‘1948’ die seniorafdeling.
In die opeafdeling is Kyla Eksteen se foto, ‘Chocolate and Vanilla’, as die wenner in die 1-sterafdeling aangewys. Dié foto was ook die algehele wenner van die juniorafdeling.
Die wenner van die 2-sterafdeling was Judy Cronje met haar foto, ‘Ears Pointed’ en Phillip Breedt se ‘Vatso Kwagga’ het die 3-sterafdeling gewen.

Sien al die foto’s: HIER
In die 4-sterafdeling het Tina de Villiers se ‘Fun Barrel Racing’ gewen en Jacques Kruger se ‘Plane Jane’, was die wenner van die 5-sterafdeling.
Kruger se foto was ook die algehele wenner van die seniorafdeling.
Die Ermelo Fotoklub bied maandeliks die geleentheid vir fotograwe om hul vermoëns te slyp.
Die volgende vergadering sal op 1 Augustus plaasvind.
Indien jy daar wil aansluit, stuur ‘n e-pos aan ermelofotoklub18@gmail.com.



