Local news

AfriForum buurtwag kry 13 nuwe skietinstrukteurs

Die nuut gekwalifiseerde instrukteurs kom van verskeie AfriForum-buurtwagte in KZN en eMkhondo (voormalig Piet Retief).

EMKHONDO – Nóg 13 lede van die AfriForum-buurtwagte is die afgelope twee naweke in Paulpietersburg as skietinstrukteurs opgelei.

Hierdie gespesialiseerde opleiding, aangebied deur AfriForum se afdeling vir gemeenskapsveiligheid, is ontwerp om lede toe te rus met die nodige vuurwapenkennis en vaardighede om basiese skietopleiding binne hul eie gemeenskappe aan te bied.

Die nuut gekwalifiseerde instrukteurs kom van verskeie AfriForum-buurtwagte in KZN en eMkhondo (voormalig Piet Retief).

Hierdie inisiatief vorm deel van AfriForum se breër strategie om plaaslike veiligheidstrukture te versterk deur gespesialiseerde opleiding en die uitbreiding van gemeenskapsgebaseerde kapasiteit.

“Ons het minstens twee skietinstrukteurs per tak opgelei sodat hulle mekaar kan ondersteun binne hul gemeenskappe,” het Eugene van Aswegen, AfriForum se provinsiale koördineerder vir KZN, gesê.

Lees die volledige berig in Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button