Local news

Noodlottige ongeluk eis lewe naby Camden-kragstasie

Reddingswerkers moes gespesialiseerde toerusting inspan ná 'n ernstige enkelvoertuigongeluk, die bestuurder is op die toneel dood verklaar.

ERMELO – Die Ermelo-polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag ná ’n noodlottige enkelvoertuigongeluk wat op 13 Julie by die afdraai na die Camden-kragstasie plaasgevind het.

Volgens kapt. Carla Prinsloo, die woordvoerder van die Ermelo-polisie, het ’n Toyota-voertuig, waarin slegs die bestuurder was, na bewering beheer verloor en teen ’n boom gebots.

Nooddienste is onmiddellik na die toneel ontbied, maar die bestuurder is dood verklaar.

Reddingswerkers moes spesiale toerusting gebruik om die liggaam uit die wrak te bevry.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button