Local news

Heerlike winterbederf wag by NHK Ermelo se gesinsbasaar

Bring jou gesin en geniet heerlike kos, lewendige musiek en pret Vrydag by NHK Ermelo se winterbasaar.

ERMELO – Die winter is koud, maar die Nederduitsch Hervormde Kerk (NHK) nooi inwoners uit om die jaarlikse familiebasaar op Vrydag, 25 Julie, tussen 13:00 en 19:00 te ondersteun.

Dit word by die kerkterrein in De Jagerstraat 7 gehou. Daar kan besoekers na hartelus hulle harte én mae warm maak.

Bosveldburgers, boereworsrolle, warm skyfies, kerrie-en-rys, poedings, koeksisters, melkkos, pizzas, en natuurlik pannekoek – en speelgoed vir die kinders! “As jy lus is vir iets besonders ná werk, of net ’n winterkuier saam met die gesin, is hierdie die plek om te wees,” het die organiseerders gesê.

Die gewilde JJ Rakkers bring ekstra opwinding wanneer hulle omstreeks 15:00 sal sing en dans – ’n hoogtepunt vir oud en jonk.

Vrydag hou die Nederduitsch Hervormde Kerk sy jaarlikse familiebasaar. Foto’s | Nederduitsch Hervormde Kerk/Facebook-blad

Vir dié wat nie self kan kom nie, is daar aflewering van sekere geregte beskikbaar. Skakel 082 583 9598 om ’n bestelling te plaas.

Dis nie net ’n basaar nie – dis ’n kans om as gemeenskap bymekaar te kom, te lag, en saam iets heerliks te geniet.

“Kom eet, kuier en ondersteun die jaarlikse basaar!”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button