Local news

Ebenezer Seuns maak ’n verskil op Ermelo

Ebenezer Seuns voorsien maandeliks in die basiese behoeftes van sowat 27 seuns op die dorp.

ERMELO – Ebenezer Seuns is ’n omgeeprojek wat maandeliks in die basiese behoeftes van sowat 27 seuns van verskeie skole op die dorp voorsien.

Dié inisiatief, wat deur Carinché Pretorius op die been gebring is, het ten doel om hierdie seuns op te hef en by te staan.

“Elke seun verdien om goed oor homself te voel,” het sy gesê.

Die basiese pakkie wat elke maand aan hulle oorhandig word, is omvattend en sluit noodsaaklike persoonlike versorgingsprodukte in.

Dit bevat items soos lyfseep, tandepasta, ’n tandeborsel, waslap, sjampoe, ’n skeermes, spuitgoed, deodorant, haarjel, lipsalf, sneesdoekies en room.

Indien enigiemand by hierdie projek betrokke wil raak of ’n bydrae wil lewer, kan hulle Pretorius by 074 213 2237 kontak.

Die Ebenezer Seuns-projek is ’n bewys van hoe ’n gemeenskap ’n tasbare verskil in jong lewens kan maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

René Joubert

René Joubert is a journalist with eight years of experience covering stories in the Ermelo community. Passionate about sharing people's stories, she reports on everything from sport and crime to municipal affairs and human-interest stories.

Related Articles

Back to top button