Local news

Vroue kuier lekker en leer nuwe vaardighede in Ermelo

Een van die lede het ’n insiggewende klas oor die optimale gebruik van ’n naaldwerkmasjien aangebied.

ERMELO – Die vroue van die Vrouelandbou-unie se Robyntak het op 8 Julie heerlik saamgekuier by ’n vergadering waar lekker kos en leer die hoofrol gespeel het.

Die gasvroue, Lenie Groenewald, Helena de Lange en Evelina Oosthuizen, het die lede met heerlike sop en broodjies bederf om die winterkoue te verdryf.

Groenewald het ’n insiggewende klas oor die optimale gebruik van ’n naaldwerkmasjien aangebied.

Roelien van Heerden, Louisa Joubert en Almari Grobler. Foto’s | Verskaf/VLU Robyn

Baie van die vroue was verstom om te sien watter funksies hul masjiene werklik het.

Danksy haar kundigheid het die lede ’n nuwe waardering vir hul masjiene gekry en begin om denimsakke te maak.

Die vergadering is ook deur Elzabe Harmse van die Talento Mulher-tak bygewoon.

Sy het koerante ontvang en aan die lede gewys hoe sy die slaapsakke vir haar Tambuki-vroueprojek aanmekaar sit.

Lenie Groenewald en Elsabe Harmse met die binnekant van ’n slaapsak. Foto’s | Verskaf/VLU Robyn

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

René Joubert

René Joubert is a journalist with eight years of experience covering stories in the Ermelo community. Passionate about sharing people's stories, she reports on everything from sport and crime to municipal affairs and human-interest stories.

Related Articles

Back to top button