Ermelo hengelklub geniet die dag by Diskusdam
Die algehele wenner van die Diskusdam-kompetisie was Jaco Oosthuizen met die swaarste sak.
Basa Mpumalanga het onlangs sy maandelikse klubkompetisie aangebied, en die dag was propvol opwinding, goeie hengel en indrukwekkende pryse.
Die klub het al die lede bedank wat deelgeneem het, asook die borge wat die pryse vir die gelukkige trekking moontlik gemaak het.
Volgens Jaco Oosthuizen, die voorsitter, het die borge verseker dat die dag ‘n groot sukses was.
Die algehele wenner van die Diskusdam-kompetisie was Oosthuizen met die swaarste sak.

Johan Dekker het ook ‘n puik dag gehad en tweede geëindig.
Die derde plek is deur Daniel Olivier behaal.
Die top-20-hengelaars ná afloop van die kompetisie is:
Johan Dekker: 269
Jaco Oosthuizen: 265
Gert Viviers: 215
Ollie Haward: 212
Pieter Vorster: 199
Daniel Olivier: 194
Willem Lizamore: 187
Willem Lizamore jr.: 173
Charles Wahlstrand: 171
Pieter Mostert: 166
Rynhard Oosthuizen: 163
Francois Barnard: 160
Louis Peens: 141
Gert Brits: 137
Christopher Louw: 131
Lakesh Maharaj: 117
Mynhardt Swanepoel: 110
Gertjie Joubert: 110
Pieter Barnard: 109
Sannie Vorster: 109
Die klub sien reeds uit na die volgende byeenkoms wat op 7 September by die Lombaard-plaasdam plaasvind.
Enigiemand wat by die klub wil aansluit, kan vir Oosthuizen by 082 336 6937 kontak, of Basa se Facebook-blad besoek vir datums en meer inligting oor komende kompetisies.



