Gesellige naweek lê voor tydens Ermelo se mini ‘popup’-mark
Kom geniet heerlike koffie, kuns, eetgoed en samesyn by die mini ‘popup’-mark vandeesnaweek by 14 Jorrisenstraat.
ERMELO – Hierdie komende Saterdag word inwoners van Ermelo en omliggende gebiede uitgenooi na ’n gesellige mini popup mark by 14 Jorrisenstraat.
Die mark beloof ’n ontspannende atmosfeer waar besoekers kan bymekaarkom, ’n lekker koppie koffie geniet en ietsie moois koop.
By die mark is daar ’n verskeidenheid stalletjies wat onder meer koffie, soet lekkernye, ‘toasties’, pita-broodjies, roomys, speelgoed, juweliersware, biltong, organiese produkte, Stanley Cups, koekies, sakke en ’n skaapspitbraai aanbied.
Organiseerders sê die doel is om ’n ruimte te skep waar mense kan ontspan, gesels en die plaaslike kreatiwiteit en ondernemings ondersteun.
Die mark is ’n uitstekende geleentheid om in ’n vriendelike omgewing gesellige tyd saam met vriende en familie deur te bring.
Die mini popup mark by 14 Jorrisenstraat begin om 09:00.
Besoekers word aangemoedig om die geleentheid te benut om plaaslike produkte te ontdek en plaaslike sakelui te ondersteun.



