Local news
Vier JJ-spanne dring deur na volgende skaakrondte
Die spanne wat na die volgende ronde deurdring, is die o.13-, o.11- en o.9-spanne, asook die dogterspan.

Laerskool JJ van der Merwe se skaakspanne het op 1 Augustus uitstekende uitslae tydens ’n streekstoernooi behaal, en verskeie van die spanne het hul plek in die volgende ronde verseker.
Die o.13-span het ’n eerste plek verower, terwyl die o.11- en o.9-spanne elk tweede geëindig het.

Die dogterspan het ook hul teenstanders laat kopkrap met ’n eerste plek in hul afdeling, en die B-span het ’n derde plek behaal.
Die spanne wat na die volgende ronde deurdring, is die o.13-, o.11- en o.9-spanne, asook die dogterspan.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



