Local news
Dubbele oorwinning vir JJ se o. 9-krieketspanne
JJ van der Merwe se o. 9-krieketspanne het uitstekende spel op die veld gelewer, met oorwinnings teen beide Curro Secunda en Standerton Primary.
Die o. 9-krieketspanne van Laerskool JJ van der Merwe het op 4 Augustus uitstekende spel op die veld gelewer, met oorwinnings teen beide Curro Secunda en Standerton Primary.
In die wedstryd teen Curro Secunda het die o. 9 A-span met 129 lopies gewen.

JJ se o. 9 B’s het ook hul krag gewys deur Standerton Primary se o. 9 A’ s met vier paaltjies te klop.
Dié wedstryd het op Standerton se tuisveld plaasgevind.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



