Local news
Inwoners kuier gesellig by die mini-pop-up-mark
Die mark het ’n ontspannende atmosfeer gebied waar besoekers bymekaargekom het en ’n lekker koppie koffie geniet het.
ERMELO – Die inwoners het gesellig tydens die tydelike minimark (pop-up) wat op 9 Augustus plaasgevind het, gekuier.
Die mark het ’n ontspannende atmosfeer gebied waar besoekers bymekaargekom het en ’n lekker koppie koffie geniet het.

Daar was ’n verskeidenheid stalletjies wat onder meer koffie, soet lekkernye, toasties, pitabroodjies, roomys, speelgoed, juweliersware, biltong, organiese produkte, Stanley-bekers, koekies, sakke en ’n skaapspitbraai verkoop het.
Die organiseerders se die doel was om ’n ruimte te skep waar mense kon ontspan, gesels en die plaaslike kreatiwiteit en ondernemings te ondersteun.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



