Local news

Twee verdagtes tydens plaasaanval buite Ermelo vasgetrek

Die boer is uit sy huis gelok met ’n veldbrand op sy eiendom, waarna die verdagtes glo probeer inkom by sy huis, waar sy vrou alleen was.

ERMELO – ’n Plaasaanval in die vroeë oggendure op 11 Augustus is verhoed toe twee verdagtes in hegtenis geneem is terwyl hulle binne-in die huis was.

Volgens inligting van Lion du Plessis, die voorsitter van Ermelo Landelike Veiligheid, is die boer omstreeks 23:43 uit sy huis gelok met ’n veldbrand op sy eiendom.

Terwyl hy besig was om die vlamme te blus, het die verdagtes glo probeer inkom, waar sy vrou alleen was.

Sy het daarin geslaag om die noodknoppie te aktiveer, waarna die SAPD om 00:33 ontbied is en om 01:39 op die toneel aangekom het.

Twee verdagtes is binne-in die huis gearresteer. Geen beserings is aangemeld nie.

Volgens Du Plessis, is die verdagtes beweerdelik deel van ’n bende wat reeds vir jare lank die Ermelo-Oos-omgewing teister.

“Ek doen ’n beroep op die Nasionale Vervolgingsgesag en die polisie om die borgaansoek van hierdie verdagtes teen te staan en om enige hangende sake teen hulle deeglik te ondersoek,” het Du Plessis gesê.

Hy het bygevoeg dat hulle goeie samewerking van die polisie ontvang het en glo dat geregtigheid sal geskied.

“Ons is dankbaar dat daar geen beserings tydens die aanval was nie.”

Die bende se aktiwiteite was onlangs tydens verskeie gemeenskapsvergaderings onder bespreking, insluitend die Ermelo Landelike Veiligheidsvergadering.

Hoëvelder het navrae aan Carla Prinsloo, die woordvoerder van die Ermelo-polisie sowel as aan die provinsiale polisiewoordvoerder, lt.kol. Jabu Ndubane, gerig, maar teen ter perse gaan, was daar nog geen terugvoer nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

René Joubert

René Joubert is a journalist with eight years of experience covering stories in the Ermelo community. Passionate about sharing people's stories, she reports on everything from sport and crime to municipal affairs and human-interest stories.

Related Articles

Back to top button