Local news

VIDEO – Ernstige beserings vermoed na botsing in Ermelo se Borderstraat

Albei voertuie het sigbare skade opgedoen toe hulle in Ermelo se Borderstraat tot stilstand gekom het.

ERMELO – Twee voertuie was Donderdag, 28 Augustus, betrokke by ’n ongeluk in Borderstraat.

Nooddienste, insluitend die provinsiale ambulansdienste, Msukaligwa Brand- en Reddingsdienste, die plaaslike SAPD en provinsiale ambulansdienste, het vinnig op die toneel gereageer.

Sien al die foto’s: HIER

Volgens omstanders is ernstige beserings aangemeld, hoewel daar teen druktyd nog geen amptelike bevestiging van die omvang daarvan aan Hoëvelder beskikbaar was nie.

Beeldmateriaal wat deur die Hoëvelder verkry is, wys hoe een voertuig in die aankomende baan beweeg en deur ’n ander getref word.

Lees die volledige berig in die gedrukte uitgawe van die Hoëvelder.

ALSO SEE: {WATCH}- A crash involving two vehicles and a gas truck has brought traffic to a standstill in Ermelo. 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button