Local news

Carolina-ouers werk onverpoos om matriekafskeid te red

Met slegs weke oor tot die groot aand, werk ouers hard om die kinders se matriekafskeid te red.

Toe Carolina Akademie aangekondig het dat daar vanjaar geen amptelike matriekafskeid sal wees nie, het die ouers van die Klas van 2025 besluit om self die leisels in die hand te neem.

Hulle werk onverpoosd om ’n aand vol glans, herinneringe en emosie vir hul kinders moontlik te maak.

Leerders verdien onvergeetlike aand vol glans en herinneringe

Vir die leerders, wat oor net ’n paar maande hul skoolloopbaan afsluit, is die matriekafskeid meer as net ’n partytjie, dit is die oomblik waarop jare se harde werk, vriendskappe en drome gevier word.

Die klein dogtertjie wat haar eerste skooltassie opgetel het en die seuntjie wat onseker sy eerste dag in die klaskamer ingestap het, staan nou op die drumpel van volwassenheid.

Die ouers se doel is dat elke leerder, ongeag finansiële omstandighede, die aand kan bywoon.

Help om kinders se droomafskeid waar te maak

Die komitee het reeds kwotasies vir die lokaal, spyseniering, dekor, fotograaf en vermaak gevra, maar benodig sowat R75 000 om al die kostes te dek.

Tot dusver is R25 659 ingesamel via netwerk, lootjies, ’n BackaBuddy-veldtog en ’n kolwyntjieverkoping. Al die fondse gaan regstreeks na die matriekafskeid.

Die aand vind plaas op 10 Oktober 2025, van 16:00 tot 23:00 by The Bear’s Palace in Carolina.

Vermaak word gratis deur DJ China Chameleon aangebied, ’n plaaslike fotograaf sorg vir ’n “paparazzi”-effek, en elke leerder ontvang ’n 360°-video as aandenking.

Die gemeenskap word hartlik uitgenooi om deel te wees van hierdie projek. Elke bydrae, groot of klein, help om hierdie droom afskeid vir die leerders moontlik te maak.

Om te help, kan mense Antoinette de Wet kontak by 072 924 5535 of per e-pos by kwasdewet@yahoo.com.

Bydraes kan ook gemaak word aanlyn via die BackaBuddy-webtuiste onder die veld “Matric Dance – Class of 2025 – Carolina” by www.backabuddy.co.za/campaign/matric-dance-class-of-2025-carolina.

Lees die volledige berig in Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button