Local news

Kaskar slaan om tydens JJ van der Merwe se markdag

Paniek, gelag en ’n dramatiese val: ’n kaskar-ongeluk het tydens die jaarlikse markdag by JJ van der Merwe se baan plaasgevind.

Laerskool JJ van der Merwe het op 27 Augustus sy jaarlikse kaskar- en gr. 7-markdag aangebied.

Tussen die geesvang en die vrolike markstalletjies het daar egter ook ’n onverwagte oomblik afgespeel wat die toeskouers vir lank sal onthou.

Sien al die foto’s: HIER

Mnr. Jac Fourie, het saam met twee leerders, Owen Janse van Rensburg en Jacus van der Merwe, in ’n span deelgeneem.

Gewapen met sy sonbril en ’n stewige hoody wat hy soos ’n valhelm styf op sy kop vasgemaak het, het die meneer en die seuns vol entoesiasme weggespring.

Die noodlottige eerste draai

By die eerste draai het dinge egter totaal skeefgeloop.

Die paniek was duidelik op die gesigte van Owen en Jacus te bespeur toe die kaskar net op twee wiele om die draai kom.

Mnr. Jac was, daarenteen, selfversekerd, min wetend dat hy nie meer beheer oor die kaskar gehad het nie.

Vir die twee seuns en al die toeskouers was dit egter duidelik dat die draai nie gemaak sou word nie – en toe slaan die kaskar om!

Owen Janse van Rensburg, mnr. Jac Fourie en Jacus van der Merwe. Die kaskar kom op twee wiele om die draai.

’n Grasieuse val met ‘bones in the light

Mnr. Jac het eerste kennis met moeder aarde gemaak, heel grasieus, moet bygesê word.

Kort daarna het Owen eers bo-oor die kaskar geval en toe bo-op mnr. Jac beland, voete in die lug.

Die toneel is met skaterlag deur die omstanders begroet, maar sonder om ’n oomblik te verloor, het hulle gou weer opgestaan, afgestof en met die wedloop aangegaan.

Owen Janse van Rensburg beland bo-op mnr, Jac Fourie. Foto’s . | Wayne van der Walt

Lees die volledige berig in Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button